Bosnimf Kuns & Fotos
← Alle galerye

Veldblomme van die Overberg

Veldblomme Makro

Ses weke se oggende tussen Napier en Bredasdorp, in die kort venster waarin die renosterveld blom.

Augustus 2025 8 foto's
Geelknoppie tussen die vygies
Geelknoppie tussen die vygies Cotula turbinata, die enigste een wat oop was op 'n oorwolkte oggend in Augustus. Die vygies rondom was nog…
Nerine sarniensis
Nerine sarniensis Die eerste een van die seisoen, vier dae ná die brand. Ek het dit opgetel waar dit reeds afgebreek was.
Spergularia op die soutgrond
Spergularia op die soutgrond Twee sentimeter breed. Die vetplantstingels rondom is soutbossie wat teen die somer rooi word.
Pienk, ses maniere
Pienk, ses maniere Ses spesies wat almal binne dieselfde week op dieselfde hang geblom het.
Blou lobelia in die suurgras
Blou lobelia in die suurgras 'n Pol wat elke jaar op dieselfde plek terugkom, teen die suidkant van die klipbult.
Groen en wit
Groen en wit 'n Bladsy uit die veldboek: wat oopgegaan het ná die eerste goeie reën.
Speldekussing, van binne
Speldekussing, van binne Leucospermum cordifolium teen die einde van sy blomtyd, toe die style begin krul.