Bosnimf Kuns & Fotos
← Alle galerye

Renosterveld in Blom

Veldblomme Fynbos

Die laaste vier persent van die Overberg-renosterveld, meestal op klipbulte wat te steil was om te ploeg.

September 2025 6 foto's
Blou lobelia in die suurgras
Blou lobelia in die suurgras 'n Pol wat elke jaar op dieselfde plek terugkom, teen die suidkant van die klipbult.
Groen en wit
Groen en wit 'n Bladsy uit die veldboek: wat oopgegaan het ná die eerste goeie reën.
Spergularia op die soutgrond
Spergularia op die soutgrond Twee sentimeter breed. Die vetplantstingels rondom is soutbossie wat teen die somer rooi word.
Geelknoppie tussen die vygies
Geelknoppie tussen die vygies Cotula turbinata, die enigste een wat oop was op 'n oorwolkte oggend in Augustus. Die vygies rondom was nog…
Twee blaarkewers, een stingel
Twee blaarkewers, een stingel Hulle het nie een keer beweeg in die tien minute wat ek daar was nie.
Pienk, ses maniere
Pienk, ses maniere Ses spesies wat almal binne dieselfde week op dieselfde hang geblom het.