3 April 2026
Nege weke ná die vuur
Die brand by Soetanysberg het in Januarie deur ongeveer duisend hektaar getrek. Vir 'n maand daarna lyk dit soos niks: swart stingels, wit as, geen kleur nie.
Teen week ses begin die geofiete. Hulle blom uit bolle wat die hele tyd veilig onder die grond was, en party van hulle blom net ná 'n brand — soms een keer in tien jaar.
Ek het elke tweede week teruggegaan. Die reeks is nie mooi in die begin nie, en dit is die punt.